Welkom by die Plaashuiswinkel
Die eienaars, Christo en Melinda is in 1978 getroud en het saam ‘n nuwe lewe in Heidelberg begin. Die besigheid is in 1980 geopen, en hulle albei is steeds voltyds hier bedrywig. Christo het al die bouwerk met hulp gedoen en die meubels gemaak in die landelike styl waarvoor hulle albei baie lief is.
Melinda doen al die aankope vir die besigheid. Die knus atmosfeer en informele plaasstyl word spesifiek ingedagte gehou met alle aankope. Daar is ‘n besige koffiewinkel en teetuin op die perseel. Die eienaars is baie toegewyd aan die Plaashuiswinkel, asook die beroemde Markdag wat hulle sedert Desember 1994 bedryf. Die Mediterreêns Markdag lok besoekers van heinde en verre.