Markdag

Die Markdag word reeds sedert 1994 suksesvol gehou. Daar is ongeveer 40 uitstallers en 500 besoekers.

  • Vind Plaas Op: Elke 1ste Saterdag van die maand.
  • Maande: Elke maand
  • Tyd: 8 vm tot 2 nm

Gekeurde kunswerke word tydens die markdag tentoongestel. Vir goedkeuring vir uitstalspasie kontak Melinda by 072 134 1420

Lekker Boerekos, hemelse Tuisgebak en vars geroosterde koffie word ook op die markdag bedien. Tydens wintermaande is daar 2 kaggels in die besigheidspersele.

Plaashuiswinkel Mediterreêns is die hele dag oop met die

markdag, vanaf 8vm tot 2nm. Kom geniet ‘n rustige kuier in ons teetuin.

Kom koop rustig voor die mark begin en al die spesiale items opgeraap word. Die winkel maak 8vm oop en die mark is gereed teen 9uur.

Om teleurstelling te voorkom, bespreek vooruit om oor te slaap in een van Heidelberg se luukse gastehuise, almal naby die winkel.